Preloader logo
Menu

Baie Veiliger, Vinniger,
Dink Vooruit.

DigiByte is meer as net 'n vinnige digitale geldeenheid. Dit is 'n innoverende blokketting wat gebruik kan word vir digitale bates, slim kontrakte, gedesentraliseerde toepassings (Dapps) en veilige verifikasie.

Integrasie gids

Wat maak DigiByte beter as ander geldeenhede?

DigiByte is 'n vinnig groeiende oop bron blokketting wat in laat 2013 ontwikkel is en vroeg in 2014 vrygestel is vir gebruik. Nou na jaar se toekomsgerigte ontwikkeling, is DigiByte een van die veiligste, langste en mees gedesentraliseerde UTXO blokkettings wat bestaan.

Werklik gedesentraliseer.

DigiByte is nie gefinansier deur 'n ICO nie en daar was ook geen beduidende munstukke vooraf gemyn nie. Daar is ook nie 'n Hoof Uitvoerende Beampte of 'n maatskappy wat die DigiByte blokketting beheer nie. DigiByte word bedryf deur vrywilligers en ondersteun deur 'n globale gemeenskap.

Veiliger.

DigiByte gebruik 5 kriptografiese algoritmes en intydse aanpassing van die moeilikheidsgraad om kwaadwillige myn sentralisasie te verhoed en fluktuasie in hutsvermoe te voorkom. Een van hierdie algoritmes is OdoCrypt wat dit self elke 10 dae verander om die netwerk weerstandig teen die sogenaamde ASIC myners te maak.

Baie vinniger.

DigiByte blokke word elke 15 sekondes geskep wat 40 keer vinnger as Bitcoin and 10 keer vinniger as Litecoin is. DigiByte het reeds vroeg die konsep van SegWit geîmplementeer en die robuustheid van die blokketting maak verwerking tot 1066 transaksies per sekonde op die blokketting moontlik teen minimale koste.

Dink vooruit.

Gedurende die laaste jaar, het DigiByte dit herhaalde kere onderskei deur eerste te wees met blokketting innovering, byvoorbeeld DigiShield, MultiAlgo myner, SegWit implementering, die Odocrypt algoritme, Dandelion++ protocol vir privaatheid, DigiAssets en Digi-ID.

Wat is DigiByte? Kyk na die video inleiding

Dit is hoe die DigiByte blokketting werk.

Die mees innoverende gedeeltes van die DigiByte blokketting is die drie lae wat die network infrastruktuur, asook sekuriteit, en kommunikasie teen ongelooflike spoed verskaf.

Toepassings / DigiAssets.

Die boonste laag is soos ‘n “app store” met aanwending in die werklike wêreld. Dit maak dit moontlik om digitale bates te skep met die DigiAssets protocol bo-op die DigiByte blokketting. Gedesentraliseerde toepassings kan bo-op die DigiByte blokketting gebou word. Dit is ook moontllik om relatief maklik slim kontrakte wat staatmaak op die robuustheid en sekuriteit van die blokketting, te enkodeer.

Digitale bate / Openbare transaksie-grootboek.

Die middelste laag verskaf sekuriteit en administrasie. ‘n Digitale Byte van data, groter data eenhede, of ‘n eenheid wat waarde hou, kan nie vervals, gedupliseer of gekap (hacked) word nie. Die Openbare transaksie-grootboek is onveranderlik en dit is waar al die transaksies van DigiBytes vasgele word. Ten einde sekuriteit te verskaf, gebruik DigiByte 5 algoritmes as bewys van bewerking. Nuwe DigiBytes kan net geskep word deur mynaktiwiteite.

Kern protocol / Globale netwerk.

Die onderste laag verskaf die kommunikasie en operasionele prosedures. Alle nodes op die globale DigiByte network kommunikeer met mekaar. Duisende gebruikers het die DigiByte sagteware op hulle rekenaars. Enige bediener, rekenaar, tablet, or selfoon wat op die DigiByte network is, word ‘n node wat help om transaksies te herlei. Begin om op 'n optimale wyse by te dra tot die DigiByte blokketting.

Oop bron / Sonder toestemming.

Net soos hierdie webtuiste, is die DigiByte blokketting ‘n volkome oop bron en kan enige een dit sonder toestemming gebruik onder die MIT lisensie wat jou die reg gee om sagteware te installeer en te wysig. Deursigtigheid lei tot die onafhanklike verifikasie van die binêre bestandele en hul gepaardgaande bronkode.
DigiByte Protokol op GitHub.
DigiByte Core Ontwikkeling op GitHub.

DigiByte blockchain statistieke

Die geskiedenis van DigiByte.

Ontdek die belangrikste mylpale van die DigiByte blokketting.

Development

Voltydse ontwikkeling het begin om die toekoms van die DigiByte blokketting te bou.

Oktober, 2013 Meer informasie
Launch

Die Genesis blok word suksesvol gemyn en die DigiByte blokketting word amptelik bekend gestel.

Januarie 10, 2014 Meer informasie
DigiShield

DigiShield word ge-aktiveer om intydse aanpassing van die moeilikheidsgraad te gebruik om te beskerm teen fluktuasies van die hutskoers.

Februarie 28, 2014 Meer informasie
MultiAlgo

MultiAlgo word ge-aktiveer om 5 verskillende algoritmes te gebruik om sentralisasie van myners te verhoed.

September 1, 2014 Meer informasie
MultiShield

MultiShield word ge-aktiveer om DigiShield beskerming oor al 5 myn algoritmes te verskaf.

Desember 10, 2014 Meer informasie
DigiSpeed

DigiSpeed word ge-aktiveer om die bloktyd te verlaag tot 15 sekondes vir vinniger transaksies.

Desember 4, 2015 Meer informasie
SegWit

SegWit word ge-aktiveer voor Bitcoin and Litecoin vir effektiewe gebruik van blokgrootes.

April 28, 2017 Meer informasie
Digi-ID

Digi-ID bekend gestel om gebruikers te bemagtig om moeiteloos aan te meld op webtuistes en ander.

Mei, 2018 Meer informasie
DigiAssets

DigiAssets bekend gestel om die gedesentraliseerde uitreiking van digitale bates en meer moontlik te maak.

April, 2019 Meer informasie
Dandelion++

Dandelion++ protokol ge-implementeer wat die IP en fisiese ligging opsporing voorkom.

Mei 3, 2019 Meer informasie
Odocrypt

Odocrypt ge-aktiveer wat dit self elke 10 dae wysig om baie beter ASIC weerstandig te wees.

Julie 21, 2019 Meer informasie
Roadmap
Om meer te leer oor voorgestelde veranderinge aan die DigiByte-protokol, besoek asseblief die DIPs-bewaarplek: DigiByte DIPs-bewaarplek
Om meer te leer oor hoe jy kan bydra tot DigiByte-ontwikkeling, besoek asseblief die GitHub-besprekingsforum: DigiByte GitHub-besprekings

'n Digitale geldeenheid
waaroor jy gaande sal wees.

DigiByte (DGB) is ‘n hoogs opskaalbare persoon-tot-persoon digitale geldeenheid met industrie toonaangewende transaksiespoed teen baie lae transaksiefooie. DigiByte is die beste metode om betalings te maak.

Leer deur te kyk

Maklik om te gebruik.

Om DigiByte te begin gebruik, is selfs makliker as om ‘n SMS teksboodskap te stuur. Jy kan DigiBytes stuur en ontvang met die toestelle wat jy reeds ken en gebruik. Al wat nodig is dat jy ‘n DigiByte gesteunde beursie installeer. Kliek skandeer, skandeer daarna ‘n QR kode en stuur jou DigiBytes. Siedaar! So maklik soos 1..2..3.

Beslis nie 'n ICO nie.

DigiByte is nooit deur ICO of ‘ n betekenisvolle aantal munstukke wat vooraf gemyn is, gefinansier nie (0% oorblywend). Daar is geen Uitvoerende Beampte of ‘n maatskappy wat die DigiByte Blokketting beheer nie. Dieontwikkellaars asook die gemeenskap is almal onbetaalde vrywilligers en dit skakel enige risiko van insolvensie uit.

Baie vinniger.

DigiByte transaksies word bevestig op die blokketting binne ongeveer 15 sekondes, wat dit 40 keer vinniger as Bitcoin en 10 keer vinniger as Litecoin, maak. SegWit maak tot 1066 transaksies per sekonde op die blokketting moontlik. Die uiters lae transaksiefooie maak DigiByte ideaal geskik vir dag-tot-dag betalings.

Altyd veilig.

DigiByte is gebou op die onbreekbare tegnologie van die Bitcoin blokketting en het ook verskeie gevorderde opgraderings ingebring om dit nog meer robuust te maak byvoorbeeld DigiShield, die MultiAlgo mynalgoritmes asook die Odocrypt algoritme. Verder help die Dandelion++ protokol om jou veilig te hou deur jou IP adres en fisiese ligging te versteek. Vir meer informasie.

Kan gemyn word.

DigiByte is ‘n 100% Bewys-van-Bewerking (PoW) blokketting wat gemyn kan word met vyf algoritmes genoem Sha256, Scrypt, Skein, Qubit en Odocrypt. Die MultiAlgo mynproses dra by tot die desentralisasie, sekuriteit van die network en gee aan jou die vryheid om verskillende hardeware te gebruik soos byvoorbeeld ‘n ASIC, ‘n FPGA of ‘n GPU myner. Vir meer informasie.

Bestuurbare eenhede.

In teenstelling met 21 miljoen Bitcoin, is daar 21 biljoen DigiByte eenhede ( 1000:1 verhouding tot BTC) en hierdie doelbewuste ontwerp is daar om DigiByte gereed te kry vir aanvaarding deur die massas. Die DigiByte blokvergoeding verminder elke maand met 1% vergeleke met Bitcoin se halvering elke 4 jaar. Teen die jaar 2035 sal al die 21 biljoen DigiByte gemyn wees en daarna sal die myners slegs staatmaak op transaksiefooie. Vir meer informasie.

Vinnige nuusbrokkies vanuit die DigiByte eko-sisteem.

Alle wisselwerking tussen partye en dienste wat DigiByte ondersteun, kan gevind word op die DigiByte Wiki.

'n Eenvoudige metode
om digitale bates te skep.

DigiAssets is ‘n veilige, opskaalbare laag bo-op die DigiByte blokketting wat gedesentraliseerde uitreiking van bates, tekens, slim kontrakte, digitale identiteit en veel meer, toelaat.

Leer deur te kyk

Onbeperkte geleenthede.

DigiAssets kan gebruik word om op ‘n veilige wyse enigiets te skep wat ons in die fisiese omgewing teenkom bv. van tasbare en onroerende bates soos voertuie, eiendom tot skaars digitale kuns. Getekende dokumente soos titelaktes en mediese rekeninge kan beskerm word.

Groei met vertroue.

DigiAssets as ‘n eko-sisteem en platform het reeds partye gelok wat reeds beplan om of reeds platforms bou vir eiendom, finansies, oorbetalings, identiteit, verkooppunt, handel, gesondheid, wedrenne, voorsieningsketting, regering en meer.

Soliede tegnologie.

DigiAssets gebruik die unieke eienskappe van ‘n ware gedesentraliseerde blokketting wat slegs gevind word in die veroorloofde blokkettings soos DigiByte. Dit maak DigiAssets meer veilig, opskaalbaar en gedesentraliseerd as enige ander platform in die kriptomark.

Maak 'n begin met DigiAssets.

Leer die protokol.

Ontdek die oopbron DigiAssets protocol spesifikasies vir uitreiking en uitvoering van digitale bates bo-op die DigiByte Blokketting. DigiAssets Protokol op die GitHub, DigiAssets Core oorskrywings en uitbreiding.

Reik 'n bate uit.

Nie ‘n ontwikkelaar nie? Dit is beslis nie ‘n probleem nie! Enigeen kan maklik ‘n DigiAsset uitreik deur een van die hulpmiddels te gebruik wat beskikbaar is sonder die tegniese kennis van die protocol. DigiAssets gesteunde dienste.

Winkel / Verhandel

Wonder jy hoe jy DigiAssets kan gebruik? Besoek DigiAssets-ondersteunde dienste om DigiAssets te koop, verkoop, en ruil.

Benodig meer hulp?

Benodig jy meer bystand met DigiAssets? Sluit gerus aan by die DigiByte besprekingsforum op GitHub om jou vrae te stel of idees te deel. DigiByte GitHub-besprekings.

Verifikasie op sy beste.

Digi-ID is ‘n sekuriteitsprotokol wat bo-op die DigiByte blokketting tegnologie gebou is en dit stel gebruikers instaat om moeiteloos in te teken op webtuistes, applikasies (Apps), en selfs die opkomende Internet of Things.

Leer deur te kyk

Maklike verifikasie.

Digi-ID skakel die gebruikernaam, wagwoord en 2FA vereistes uit tydens die verifikasieproses. Omdat Digi-ID openbare / private kriptografie gebruik, is daar geen gebruikername of wagwoorde op risiko nie. Hierdie metode beskerm nie alleen die gebruiker nie, maar beskerm ook die dienste wat deur die gebruiker benut word.

Foutlose sekuriteit.

Digi-ID stoor geen data van die gebruikers op die blokketting nie. Dit verder versterk die sekuriteit terwyl dit ook die eindgebruiker se vertroue versterk dat sy data nie nagespoor of op risiko geplaas is deur die nalatigheid van ander nie. Daar is ook geen eksterne punt van mislukking vir ‘n kuberkraker om jou platform te teiken en uit te buit nie.

Eenvoudig en gratis.

Digi-ID is volkome gratis! Daar is geen fooie, subskripsie dienste, of onderhoudkoste nie. Die kostefaktor is egter nie die beste eienskap nie. Die hoofdoel is om, in ooreenstemming met die wyse waarop DigiByte sekuriteit prioritiseer, met Digi-ID ‘n meer veilige, dog eenvoudige metode te skep om aan te teken op webtuisblaaie, toepasings (Apps) en meer.

So werk dit.

Generasie.

Die webtuiste, toepassing of produk genereer ‘n unieke Digi-ID QR kode en vertoon dit.

Skandeer.

Die gebruiker skandeer die QR-kode vanaf enige Digi-ID-ondersteunde program.

Verfikasie.

Die gebruiker verifier die versoek deur sy PIN of deur sy vingerafdruk/ gesig te skandeer.

Bevestiging.

Digi-ID stuur die kriptografies getekende versoek terug en die gebruiker teken suksesvol aan.

Vrae wat gereeld gevra word.

Waar kan ek meer dokumentasie vind?

Die beste beginpunt is Digi-ID.io. Indien jy meer wil weet oor die fyner besonderhede en voordele van Digi-ID, is jy welkom om die gebruikergids, verskaffergids asook die Integrasie gids na te gaan. Indien jy na ‘n bron vir die media soek, kry gerus die Inligtingsblad en Logo's.

Waar is die integrasie programmateek?

Aangesien Digi-ID 'n oop bron is, kan jy meer leer deur DigiByte Core Development te besoek. As jy meer bystand benodig, sluit gerus aan by die DigiByte besprekingsforum op GitHub om vrae te stel.

Kan ek Digi-ID integreer sonder om te kodeer?

Indien jy nie ‘n ontwikkelaar is nie, mag jy dit dalk oorweeg om ‘n oplossing wat integrasiegereed is te gebruik vir jou webtuiste of produk. Jy kan ook die WordPress plugin vir WordPress platforms gebruik.

Is daar ook ander Digi-ID verifikasie toepassings?

Beslis! Digi-ID is ‘n snelgroeiende platform. Verskeie verifikasie toepassings wat alleen staan asook beursies wat Digi-ID ondersteun, kan gevind word onder die Aflaai afdeling.

Die mees passievolle
gemeenskap ooit!

Daar is tien duisende vrywillgers oor die heelal wat almal, vir etlike jare, in vele opsigte, bydra om DigiByte te maak wat dit vandag is. Dit is werklik 'n voetsoolvlak beweging. Ons verwelkom jou hartlik om by ons aan te sluit!

Leer deur te kyk

DigiByte Ontwikkelaars.

Elkeen wat op DigiByte werk is ‘n onbetaalde vrywilliger. Begin vandag om by te dra to DGB se ontwikkeling of bou jou eie toepassing bo-op die DigiByte blokketting.
DigiByte-ontwikkelaars op GitHub Discussions.
DigiByte Core Protocol op GitHub.

Die DigiByte Wiki.

Die DigiByte Wiki is ‘n aanlyn ensiklopedie wat deur die gemeenskap, vir die gemeenskap gebou is. Dit bevat nuttige en jongste data soos die DigiByte Eko-sisteem en Hoe om te doen-gidse. Enigeen kan positief bydra tot die Wiki deur ‘n gratis gebruiker te skep en te begin om inligting by te voeg of op datum te bring op die DigiByte Wiki.
Waarskuwing Vermy skaamtelose bevordering van jouself en verwysingskakels.

Tegniese Raamwerk Prestasies

Kies jou toepassing (App).

SKies 'n toepassing om jou DigiByte & DigiAssets te stuur, ontvang en te stoor of om verifikasie te doen met Digi-ID.
Op Datum DigiByte Core v8.22.1

Leer deur te kyk

Protokol & Beursie
Alles in Een

DigiByte Core bevat 'n volledige kopie van die blokketting en bou die ruggraat van die netwerk. Dit word algemeen gebruik deur ontwikkelaars, ruilings, en ander besighede, sowel as deur gemeenskapslede, om die netwerk te desentraliseer deur 'n volle nodus te bedryf. Dit dien ook as 'n sagteware beursie.

DigiByte Core

  • Volle validering
  • Ondersteun die netwerk
  • Hoë stabiliteit
  • SegWit ondersteuning

Beskikbaar vir Windows, macOS, Linux & Snapcraft (64 Bit)

Beursie Vrywaring
DigiByte Core as 'n beursie moet slegs gebruik word deur gevorderde gebruikers wat weet hoe om hul beursie veilig te hou. As jy nie 'n ervare gebruiker is nie, wil jy dalk 'n vereenvoudigde sagteware beursie gebruik.

DigiByte Dokumente & Gidse.

Op soek na meer dokumentasie? Of u basiese inligting vir 'n artikel of tegniese inligting benodig vir 'n integrasieproses. U kan al die nodige gidse hieronder bereik.

DigiByte Info Paper

Leer die besonderhede van die DigiByte blockchain deur die "info paper" te gebruik.

Info paper Aflaai
DigiByte Integration Guide

Integreer die DigiByte blokketting maklik in jou verhandelingsbeurs, beursie of diens wat jy aanbied.

Integrasie gids Aflaai
DigiByte Media Sheet

Leer vinnig die belangrike feite omtrent die DigiByte blokketting op die media bladsy.

Media bladsy Aflaai
DigiByte Presentation

Gebruik hierdie insiggewende aanlyn aanbieding om DigiByte aan jou vriende voor te stel.

Aanbieding Begin
DigiByte Logos & Icons

Vind die korrekte en jongste DigiByte Logo's en ikone vir jou projek.

Logo's & Ikone Gaan na GitHub
How to Guides

Bedryf you eie DigiByte volle nodus of Insight plekwyser deur na die Wiki gidse te verwys.

How to guides Gaan na DigiByte Wiki